App-Suche

Landbou.com (Landbouweekblad)

com.media24.landbou
News & Magazines Kostenlos Enthält Werbung In-App-Käufe Everyone In Google Play öffnen
5,000+
Installationen · ≈9K
—
0 Bewertungen
2021-10-02
erste Veröffentlichung
2026-10-19
letzte Aktualisierung

Beschreibung

Landbou.com is the digital home of Landbouweekblad.

Landbou.com is die digitale tuiste van Landbouweekblad, wat al langer as 100 jaar deel van Suid-Afrikaanse boere se lewe is. Met die Landbou.com-app kan jy op die hoogte bly van die jongste landbounuus, weerinligting wat saak maak en huidige markpryse – alles gratis! Jy kan ook gratis registreer om jou weerligging in te stel, verskeie landbounuusbriewe ontvang, jou gunsteling-artikels bêre om later te lees, en vrae instuur vir dr. Faffa Malan en sy span kundiges. Word ’n intekenaar op die Landbou.com-app en kry toegang tot die jongste Landbouweekblad (nog voor dit die rak tref) én ’n argief van vyf jaar se uitgawes, sowel as elke uitgawe van ons spesiale tydskrifte Boerekos, Boereplanne, Vee, Tegnologie en Herlewing. Ons span kundige landboujoernaliste en medewerkers, wat wetenskaplikes, ekonome en markspesialiste insluit, skryf oor onderwerpe wat wissel van tegnologie en herlewingslandbou tot landbou-ekonomie en politieke vraagstukke. Lees ook verskeie boeke soos dr. Faffa Malan se Vra die Veearts-reeks, Gids tot volhoubare produksie van weiding, en Theo Vorster se Familieboerderye in Suid-Afrika. As intekenaar kan jy ook na die nuutste episodes van Landbouweekliks kyk, waar ons by Suid-Afrika se besondere en suksesvolle boere kuier. Landbouweekblad bied gereeld gewilde webinare aan vir ’n verskeidenheid van bedrywe, waar kenners inligting verskaf oor volhoubare boerderymetodes. As intekenaar kry jy toegang tot van dié webinare, sowel as afslag om dié webinare self by te woon. ’n Weeklikse nuusbulletin lig ook die belangrikste landbouinligting uit. Moet ook nie ons bekroonde kosredakteur Arina du Plessis, ook redakteur van Boerekos, se kosvideo’s misloop nie! As intekenaar, kan jy ook: • Kommentaar lees en plaas by artikels; • Luister na artikels – of jy stroop of in jou bakkie ry; • Drie artikels per maand met jou vriende deel; • ’n Eksklusiewe nuusbrief vir intekenare ontvang. Ons hoor graag van jou! Stuur gerus vir ons ’n boodskap in die app onder Profiel/Kontak ons.

Neuigkeiten

Ons het nuwe produkte bygevoeg om ons aanbod te verbeter en ook aanpassings gemaak om jou leeservaring te verbeter. Neem asseblief 'n oomblik om ons te gradeer of laat'n resensie. Ons hoor graag van jou!

Details

Version1.85.2026101908
Mindestversion Android8.0
Rezensionen0
Preise für Käufe$7.99 - $79.99 per item
Website des Entwicklerslandbou.com
Verfügbar inweltweit (240)
Entwicklerkontakteim Business-Tarif
Erfasst2026-10-29

Diese Daten in der API

Der vollständige Eintrag als JSON kostet 1 Credit.

curl -H "X-API-Key: YOUR_KEY" \
  "https://apkapi.com/api/v1/app?id=com.media24.landbou"